Dagsê en welkom aan al ons jagters!
Soos julle al gesien het op ons Facebook groep, is ons baie onderhewig aan Facebook se reëls en regulasies. Dit het ongelukkig veroorsaak dat Facebook ons groep delete het sonder om verklik 'n rede te gee daarvoor. Ons het wel die groep weer gestig, maar dit gaan 'n rukkie neem voordat ons weer terug is by ons ledetal van ongeveer 25 000.
Ons het toe besluit om hierdie forum te stig waar ons self die reëls bepaal en kan verander volgens wat die lede graag wil hê. Saam kan ons die website laat groei en aanpas by wat ons as groep wil hê. Die Facebook groep sal steeds voort bestaan, maar ons kan nie waarborg vir hoe lank nie. Ons probeer ons bes om by die Facebook reëls te hou, maar mens weet nooit wanner daar een post is wat ons die groep kos nie.
So ons wil graag julle insette hê oor die forum. Enige idees of voorstelle is baie welkom sodat ons die groep meer gemaklik kan maak vir almal. Skryf hier vir ons watter kategorië julle sal wil verander of bysit en hoe julle die registrasie proses ondervind het.
Admin groete,
Techno