Hier is goeie nuus vir ons lede wat sukkel om hulle vuurwapen lisensies wat verval het te hernu:
"Regter Ronel Tolmay het verklaar dat twee artikels (artikel 24 en 28) van die Vuurwapenbeheerwet ongrondwetlik is en het beslis dat alle vuurwapenlisensies wat verval het, of binnekort sal verval, geldig sal wees totdat die konstitusionele hof die betrokke artikels hersien het."
Alle vuurwapen lisensies wat al verval het sal geldig bly totdat die konstitusionele hof die betrokke artikels hersien het.
"Die uitspraak is ʼn groot oorwinning vir SA Jagters wat in Maart 2016 ʼn aansoek teen die minister van polisie gebring het, waar die grondwetlikheid van die betrokke twee artikels bevraagteken is, sowel as die eensydige interpretasie en implementering daarvan deur die polisie,"
Die Artikels wat ongrondwetlik verklaar was:
Artikel 24:
24 Hernuwing van vuurwapenlisensies
(1) Die houer van 'n lisensie uitgereik ingevolge hierdie Hoofstuk wat verlang om die lisensie te hernu moet minstens 90 dae voor die verstrykingsdatum van die lisensie by die Registrateur aansoek doen om die hernuwing daarvan.
(2) Die aansoek moet-
(a) vergesel gaan van die inligting wat voorgeskryf word; en
(b) afgelewer word aan die Aangewese Vuurwapenbeampte verantwoordelik vir die gebied waarin die aansoeker gewoonlik woonagtig is of waarin die aansoeker se besigheid is, na gelang van die geval.
(3) Geen aansoek om die hernuwing van 'n lisensie mag verleen word nie tensy die aansoeker aantoon dat hy of sy steeds aan die vereistes vir die lisensie ingevolge hierdie Wet voldoen.
(4) Indien 'n aansoek om die hernuwing van 'n lisensie ingedien word binne die tydperk waarvoor in subartikel (1) voorsiening gemaak word, bly die lisensie geldig totdat die aansoek beslis is.
Artikel 26:
26 Kennisgewing van verandering van omstandighede
(1) Die houer van 'n lisensie, permit of magtiging uitgereik ingevolge hierdie Hoofstuk moet binne 30 dae aan die Registrateur skriftelik kennis gee indien daar enige verandering is aangaande enige inligting wat voorgelê is ten opsigte van die aansoek vir die uitreiking van daardie lisensie, permit of magtiging.
(2) Die Registrateur moet binne 30 dae na ontvangs van 'n kennisgewing in subartikel (1) bedoel skriftelik ontvangs van daardie kennisgewing erken.
Bron: http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/h...lisensies/
Namens Jag Bargains wil ons graag vir SA Jagters bedank vir hulle hardwe werk om dié beslissing moontlik te maak en daarmee die frustrasies van sowat 200 000 vuurwapen eienaars te verlig.
Ek heg vir julle die Wet Op Beheer Van Vuurwapens, 2000 (Wet 60 van 2000) asook die Regulasies vir die Beheer van Vuurwapens (2004) aan.